Local news

Leerlingraad van Laerskool Tini Vorster lê krans om afgestorwe soldate te vereer

Die herdenkingsdiens bied 'n geleentheid om eer te betoon aan militêre veterane wat in die oorlog gesterf het.

Die Raad van Militêre Veterane Organisasies (RMVO) het op 1 Junie hul jaarlikse kransleggingdiens by die Voortrekker Monument in Pretoria gehou.

Die RMVO is ‘n bestuursliggaam wat die belange van militêre veterane in Suid-Afrika bevorder en beskerm en speel ook ‘n belangrike rol in die herdenking en erkenning van veterane se diens aan die land.

Die leerlingraad van Laerskool Tini Vorster het die geleentheid bygewoon en ook ‘n krans neergelê ter nagedagtenis aan die soldate wat tydens die oorlog gesterf het.

Die geleentheid was ‘n viering van nalatenskap wat kinders help om hul kulturele identiteit te verstaan en te waardeer en bewus te wees van die helde wat geveg het vir hul land en die belangrikheid van herinnering en eerbetoon.

Die herdenkingsdiens is ‘n geleentheid wat jaarliks plaasvind om militêre veterane en afgestorwe helde te vereer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button