Local news

Nigel Wildreservaat spog binnekort met zebra baba

Die Nigel Wildreservaat kan uitsien na nog ‘n familie-lid. Een van die mamma-zebras is dragtig en dit lyk asof die baba binnekort sy verskyning gaan maak.

André Moolman en sy skoonmaakspan van Nigel Cleanup Company is gereeld besig by die Nigel Wildreservaat om die natuurskoon te geniet en seker te maak dat die diere en die omgewing netjies is.

Tydens ’n onlangse besoek is opgemerk dat een van die zebramerries dragtig is. Dit lyk asof die zebra-mamma redelik ver dragtig is, en die Nigel-gemeenskap kan dus binnekort uitsien na ’n nuwe gestreepte baba.

Om betrokke te raak by Nigel Cleanup Company, kontak André Moolman by 076 811 4953.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button