HEIDELBERG
9 September: Susan Coetzer, wat die VLU skrywer van die jaar is, sal ‘n inspirernde praatjie lewer by die NG Kerk by Romynsstraat 50, Rensburg. Dit begin 10:00 en toegang is R120 per persoon. Sluit koffie, tee en verversings in.
Bespreek by Minette Roodt 072 282 8773 of Susan Smit 084 568 2837 of Petra Basson 082 720 2400.
26 en 27 September: Laerskool AG Visser bied weer die gesogde KameelFees aan. Hou die datums oop. Meer inligting sal volg. Kontak Leandre Botha by 081 077 3375 vir meer besonderhede.
Weekliks:
• Die Plaashuiswinkel in Begemansraat 40 hou elke Saterdag van 08:00 tot 13:00 ‘n rommelmark. Slegs tweedehandse goed word verkoop en geen bespreking is nodig. Kontak Melinda van der Merwe by 072 134 1420.
• Heidelberg Meander takes place every first Saturday of the month from 08:00 to 14:00 and includes art in the park at the Heritage Museum, car boot sale and market day at Plaashuiswinkel, heritage tours and Painted Drums outdoor gallery. For more information, contact Melinda van der Merwe at 072 134 1420. To book a Heidelberg Heritage tour, contact Tony Burisch st 072 460 9663.
• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaakgroepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsAppgroepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.
• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebookblad.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 09:40 ‘n Bingo oggend vir die afgetredenes. Vir meer inligting kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 14:00 ‘n ‘Bly kalm, ons gaan nou brei en hekel’ middag in die saal. Bring eie wol en penne en kom kuier saam. Almal is welkom.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Woensdag oggend om 09:00 sang in die saal. Almal wat hou van sing word genooi om te kom saam sing. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord kliniek bied elke Woensdag vanaf 10:00 tot 12:00 die volgende mediese hulp dienste aan: Bloeddruk R10, suikertoets R25, cholesterol R70, BMI R25, toedien van inspuitings R30, skoonmaak van ore R70 en wondsorg R50. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir navrae.
NIGEL
13 September: Die AP Kerk Nigel hou hul jaarlikse Stap vir Bybels as ‘n fondsinsamelingprojek om Bybels te versprei en die Woord van God te verkondig. Kontak Elsa Greyling by 083 703 1763 vir meer inligting.
• Nigel Clean-Up het verskeie skoonmaakprojekte deur die week en oor naweke om te sorg dat die dorp skoon en netjies bly. Om betrokke te raak kontak André Moolman by 076 811 4953
27 September: NG Kerk Nigel-Oos bied ‘n gholfdag aan by Nigel Gholfklub as ‘n fondsinsamelingprojek vir die kerk. Afslaan is vanaf 9:00 tot 11:00. Koste beloop R3 500 per vierbal – all American scramble two-ball alliance.
Baanfooie, twee gholfkarretjies en aandete is ingesluit. Om ‘n putjie te borg is R500. Daar is baie pryse om te wen, veiling van gholftoerusting em ‘n R100 000 ‘hole-in-one’ uitdaging. Kontak Clarence Axer by 072 867 0979 vir besprekings.
4 tot 6 Desember: NG Kerk Nigel-Oos hou ‘n Kersmark. Marktye is 4 en 5 Desember om 16:00 tot 21:00 en 6 Desember van 8:00 tot 12:00. Kontak Maryke Jonker by 061 507 5071 vir meer inligting.
• Springs/Nigel Wessa branch and Friends of Marievale Nature Reserve are meeting every second Saturday of the month at 09:00 at the conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333 or email friendsofmarievale@gmail.com
• The Nigel SPCA has expanded its charity shop. They sell various items and invite everyone to browse through all the great goodies and clothes. They are on 1 Spaarwater Road, Nigel. Contact Angela Morris on 084 485 7020 for more information.
Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za of WhatsApp na 066 214 1913.



