Local news

Heidelberg se historiese skakel met DF Malan

Sy rol as taalvegter, koerantredakteur en stigterslid van die ATKV het hom diep in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gevestig.

DF Malan het ’n ryke geskiedenis in Suid-Afrika.

Daniël Francois Malan was die vierde staatspresident van Suid-Afrika (1948–1954).

Voor Malan se staatspresidentskap was hy ’n predikant, kulturele leier en prominente politieke figuur in die Suid-Afrikaanse landskap.

DF Malan is op 22 Mei 1874 in Riebeek-Wes gebore.

Sy pa, Daniël Francois, was ’n plaasboer en het ook in die kerkdiens gedoen. Sy ma se naam was Anna Magdalena du Toit.

DF Malan was die vyfde van nege kinders. Vier het op ’n baie jong ouderdom gesterf.

DF Malan (1910).

Na skool het hy sy leraarskap by die Nederduitse Gereformeerde Kerk begin.

DF Malan het sy BA-graad aan die Victoria Kollege (Stellenbosch Universiteit) behaal.

Daar is hy in die kerkdiens opgelei as predikant. Behalwe vir sy studies in teologie het Malan ook die MA-graad in filosofie verwerf.

Om verder te studeer het DF Malan in 1900 Suid-Afrika verlaat om by die Universiteit van Utrecht te gaan studeer. Hy het in 1905 na Suid-Afrika teruggekeer.

Hy het sy leraarsloopbaan na sy terugkeer in Kaapstad begin, waar hy vir twee maande aangebly het. Daarna het hy diens in Heidelberg, Transvaal, gedoen, waar hy vir ses maande medeleraar was.

In 1906 het Malan predikant van Montagu geword. Volgende in sy leraarsreis het hy in 1913 as medeleraar by Graaff-Reinet aangesluit, waar hy tot 1915 aangebly het.

Omdat Malan bekommerd was oor die Afrikaanse taal en die 1914-Rebellie, het hy sy amp in die kerk neergelê.
Die Kaapse tak van die Nasionale Party is in 1915 gestig.

DF Malan saam met sy broers en susters. Koos, Cinie, Daniel François, Fanie en Mimie Malan.

In 1918 is Malan verkies om diens in die parlement te verrig.

Hy was lid van die parlement vir Calvinia tot 1938. Daarna het Malan Piketberg verteenwoordig.

DF Malan was ’n vurige vegter vir Afrikaans as taal en was een van die stigterslede van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV).

Die ATKV het in 1930 die lig gesien. Malan was ook redakteur van Die Burger. Dit het hom gehelp om sy politieke loopbaan ’n hupstoot te gee en sy politieke artikels te publiseer.

Portret in kleur met ‘n man in brille en ‘n hoed op.

Toe die Nasionale Party in 1924 onder staatspresident JBM Hertzog aan bewind gekom het, is Malan die pos van minister van binnelandse sake, onderwys en gesondheid aangebied.

Hy het in die pos aangebly tot 1933. In 1933 het Hertzog saam met Jan Smuts die Verenigde Party gestig.

Malan, tesame met 19 ander LP’s, het daarteen vasgestaan en die Verenigde Party verlaat om as die Nasionale Party voort te bestaan.

Die party is eers hernoem na die Herstigde Nasionale Party en in 1948 weer herdoop tot die Nasionale Party.
In 1948 het Malan se party Smuts se Verenigde Party in die verkiesing verslaan.

DF Malan se eerste kaninet in 1948.

Malan se eerste kabinet het bestaan uit: J.G. Strijdom, Nicolaas Havenga, E.G. Jansen, Charles Swart, A.J. Stals, Paul Sauer, Eric Louw, S.P. le Roux, Eben Dönges, Frans Erasmus en Ben Schoeman.

DF Malan is op 7 Februarie 1959 in Stellenbosch oorlede op die ouderdom van 84 jaar.

Daar is verskeie skole na DF Malan vernoem. Verskeie dorpe en stede het ook strate wat sy naam dra, insluitend Heidelberg.

Daar was ook destyds ’n lughawe na hom vernoem.

• Verwysings: Wikipedia, FAK.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button