Local news

Paul Kruger standbeeld trek deur Heidelberg op pad na Orania

Op sy 10-dag rit gaan dit verskeie dorpe aandoen, onder meer Heidelberg, waar dit tydens die kameelfees te sien sal wees.

’n Nuwe ewebeeld van die Kruger-standbeeld op Kerkplein trek na Orania en sal in die proses by verskeie dorpe, onder andere Heidelberg, aandoen.

Hierdie geleentheid is ook ter viering van president Paul Kruger se 200ste verjaarsdag.

Dit gaan ’n reuse-optog wees om die standbeeld na Orania te vervoer, waar dit op die stadsplein sy nuwe tuiste sal kry.

Die reis begin op 23 September in Pretoria by die Voortrekkermonument en sal verskeie plekke aandoen voordat die standbeeld op 2 Oktober sy nuwe tuiste in Orania bereik.

Tydens die 10-dae-rit trek ’n toneelgeselskap van die Orania-kunsteraad (OKeR) saam om die toneelstuk Kruger breek die pad oop deur NP van Wyk Louw op te voer. Hierdie toneelstuk word byna elke dag tydens die trek opgevoer.

Die stuk handel oor die lewe van Kruger en die moeilike besluite wat hy moes neem om wet en orde in Transvaal te bring. Dit is ’n bewys waarom hy so ’n groot figuur in ons volksgeskiedenis is.

Die FAK het ’n paar jaar gelede ’n digitale skandering van die standbeeld gemaak met die idee om ’n ewebeeld daarvan in Orania op te rig. Hierdie nuwe standbeeld is 10 m hoog en weeg 1,5 ton.

Die standbeeld gaan in Rustenburg, Potchefstroom, Krugersdorp, Heidelberg, Parys, Vereeniging, Heilbron, Bloemfontein en Kimberley aandoen voordat dit in Orania aankom.

In Heidelberg sal die standbeeld deel wees van die Kameelfees wanneer dit op 27 September om 15:00 aankom.
Die gemeenskap kan dan die standbeeld van nader besigtig en ook die toneelopvoering geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button