Local news
Twee Volkies kwalifiseer vir AVT-finale
Drie atlete van Hoër Volkskool het onlangs uitblink by die Sedibeng en Gauteng Landloop Kampioenskappe.
Drie landloopatlete van die Hoër Volkskool het onlangs aan die Sedibeng asook Gauteng Landloop Kampioenskappe deelgeneem.
Die langasems is Evan Smuts, Melaney Pruis en Elri van Zyl.
In die Gauteng-kampioenskappe het Pruis ‘n vyfde plek en Marais ‘n derde plek losgedraf in hulle onderskeie ouderdomsgroepe.
Dié goeie uitslae het die twee Volkie-atlete laat kwalifiseer om aan die ASA Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




