Local news
Die lente word behoorlik ingewy by die Suikerbos Aftreeoord
Die inwoners het gesing en gesmul aan roomys terwyl daar in vrolike luim na musiek geluister is.
Suikerbos Aftreeoord het op 2 September die begin van die lente gevier met vrolike partytjies.
Die gesellighede het by die Diens- en Bystandsorg, Silwerakker en Goue-Akker afdelings plaasgevind.

Marie Benadie het almal in ‘n vrolike luim gekry deur haar trekklavier te tokkel terwyl die inwoners heerlik gesmul het aan roomys.

Silwerakker se inwoners het twee weke lank voorberei deur papierblomme te maak om die tuin te verfraai. Hulle het ‘n teepartytjie met heerlike eetgoed en musiek geniet.

Die Goue-Akker-inwoners was bederf met roomys en ‘n gratis voetbehandeling te danke aan Charmain Crous en die personeel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



