Die kamele by die KameelFees staan onder 'n koelteboom.
Die KameelFees is die afglope naweek by Laerskool AG Visser in Heidelberg aangebied.
Die senior kameel jokkies wat vir groot pret gesorg het,
Die fees was vroeër ‘n gereelde instelling in Heidelberg, en ná ‘n paar jaar se afwesigheid het dit in 2024 teruggekeer.
Bekende Heidelberger, Sandra Taljaard en Christa Glad met ‘n VIP-kaartjie van die KameelFees.
‘n Groot trekpleister van die fees is gewoonlik die kameelresies, maar vanjaar moes die tradisionele resies gekanselleer word ná ingryping van die NDBV.
Sandra Taljaard en Selma Marx, skoolhoof van die Laerskool AG Visser met die eerste VIP kaarjie wat gekoop was van die KameelFees.
In plaas daarvan is daar ‘n alternatiewe kameelresies gehou, waar stokkamele die plaas van die regte kamele ingeneem het.
Jaco Botha smul aan sy vetkoek en maalvleis.
Die NDBV was gedurende die fees teenwoordig om toesig te hou dat die kamele korrek hanteer word.
Bobby van Jaarsveld was een van die kunstenaars wat by die fees opgetree het.
Laerskool AG Visser het hard agter die skerms gewerk om die fees se sukses te verseker.
Bobby van Jaarsveld gesels met ‘n jong aanhanger, Zané Harris.
Tydens die twee dae is daar verskeie aktiwiteite aangebied, insluitend dansitems, ‘n draai van ‘n replika van die Paul Kruger se standbeeld, ‘n Paul Kruger-mini-konsert en optredes deur kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Wentzel, Adam en Rooksein.
Die junior kameel jokkies staan reg met die stok-kamele vir die resies.Christo de Winnaar by een van die stalletjies waar besoekers kon aandoen. CJ van der Merwe van Christiana staan by ‘n stalletjie.Simone Peens word begelei op ‘n kameel. Alhoewel die tradisionele resies nie plaasgevind het nie, kon besoekers steeds op die kamele ry. Cezanne, CJ en Gian Grove geniet die KameelFees.Toni Britt by haar stalletjie.Die replika van Oom Paul Kruger se standbeeld by die Kameelfees was beslis ‘n hoogtepunt. Die standbeeld was op pad na Oranja en het in Heidelberg aangedoen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.