Local news
Hoër Volkskool tennisspeler word gekies vir Oos-Transvaal o19-span
Met indrukwekkende spel het die 14-jarige Morgan Botha die keurders se aandag getrek en 'n plek in die Oos-Transvaal o19-span verseker.
Tennisspelers van die Hoër Volkskool was die naweek van 19-22 September bedrywig.
Willem-Jan Spong, Nathan Wiggill, Meyer van Vuuren, Jon-Benet Bauer en Morgan Botha het aan die interprovinsiale tennisproewe deelgeneem.
Met uithaler spel en goeie uitslae het Morgan Botha die oog van die keurders gevang en is gekies om die Oos-Transvaal o19 span te verteenwoordig.
Wat dit meer merkwaardig maak, is dat Morgan nou eers 14 jaar oud is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



