Local news

SAWV Eenheid Suikerbos hou Operasie White Dove herdenkingsdiens ter ere van gesneuwelde soldate

’n Seremonie vol eer en herinnering het plaasgevind waar 33 Proteas neergelê is vir die soldate wat hul lewens vir Suid-Afrika gegee het.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV), Eenheid Suikerbos, het op 28 September hulde gebring aan die soldate wat hulle lewens vir Suid-Afrika opgeoffer het.

As deel van hul eie Operasie White Dove is die jaarlikse herdenkingsgeleentheid by die Ou Tronk in Jordaanstraat aangebied ter ere van die gesneuwelde helde.

Kapelaan Gert van Rooyen open met skriflesing en gebed.

Families, vriende en verskeie SAWV-sektore het tydens die seremonie hulde gebring aan die gestorwenes.

Die verwelkoming is deur Pieter Kok behartig, wat in sy toespraak benadruk het dat almal die letsels van soldate se opofferinge dra om Suid-Afrika te beskerm. “Hiermee eer ons elke soldaat wat die hoogste prys betaal het sodat Suid-Afrika se burgers ’n beter toekoms kan hê,” het Kok gesê.

Frik van Niekerk op pad om die skild neer te sit.

Skriflesing en gebed is deur kapelaan Gert van Rooyen waargeneem. Behalwe vir families, vriende en geliefdes was daar ook verteenwoordigers van verskeie skole en die Voortrekker Jeugorganisasie teenwoordig.

Mario Smit (voorsitter van Sektor 1.4 Wilger) bedank almal.

Die skole en jeuggroepe wat hul bydrae gelewer het, was die Hoër Volkskool, Laer Volkskool en Laerskool AG Visser, asook die Suikerbos Voortrekkerkommando.

Frik van Niekerk salueer tydens die protea neerleggings.

’n Spesiale oomblik was toe Lelénia de Beer, dogter van wyle Etienne du Preez, ’n huldeblyk aan haar pa gebring het. Frik van Niekerk, voorsitter van SAWV Eenheid Suikerbos, het daarna ’n spesiale skild met Etienne se baret, rang, eenheid en magsnommer daarop, aan Lelénia en haar twee seuns oorhandig.(Ettiene du Preez, ‘n bekend Heidelberger is 3 Julie 2024 helder oor dag in Ueckermannstraat dood geskiet).

Lydia Botha van SAWV, Eenheid Suikerbos lewer insig oor operasie White Dove.

Na die laaste taptoe gespeel is, het verskeie lede Proteas gaan neerlê. By die afsluiting van die verrigtinge het Mario Smit, voorsitter van Sektor 1.4 Wilger, almal bedank vir hul bywoning en deelname.

Lelénia de Beer lewer ‘n spesiale huldeblyk aan Etienne du Preez.

In totaal is daar 33 Proteas neergelê.

Tony Burisch wys eerbetoning ydens die Protea neerleggings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button