Local news

Prestasie op prestasie vir Laer Volkskool

Volkskool se sportspanne en individuele atlete het die afgelope weke puik vertoon en hul talente op provinsiale én nasionale vlak gewys.

Die jong sportlui van Laer Volkskool het onlangs in verskeie dissiplines puik presteer.

Van netbal en hokkie tot landloop, perdry en fietsry het die skool se leerders hul talente ten toon gestel en uitstekende uitslae behaal.

Netbal:

Laer Volkskool o13 netbalspelers het aan die Hoops Gauteng Kampioenskappe deelgeneem.

Die span het tweede in hulle afdeling geëindig en deurgedring na die kwarteindstryd.

In hul laaste wedstryd moes hulle ekstra tyd speel om ’n wenner te bepaal.

Die wedstryd was baie gelykop maar Volkskool het die kragmeting met ’n enkele punt gewen.

Die span het algeheel in die top sewe geëindig.

Hokkie:

Op die hokkiefront is die seuns o11 span as ligawenners in die Sedibeng-Oos-streek aangewys.

Landloop:

Christiaan Lewis is gekies om Gauteng te verteenwoordig by die SA Landloopkampioenskappe. Christiaan neem aan die 3km-wedloop vir seuns o12 deel.

Perdry:

Drie ruiters, Dominique Steyn, Liamay Nortje en Ashley Burke gaan Gauteng verteenwoordig tydens die Nasionale Kampioenskappe gedurende die komende vakansie by die Kyalami Equestrian Park.

Fietsry:

Volkskool se fietsryspan is nog net twee jaar oud, maar het reeds hul eerste deelnemer wat die skool by die SA-kampioenskappe gaan verteenwoordig.

Rowan Bolton neem van 10 tot 12 Oktober aan die interprovinsiale fietsrykampioenskappe in Tzaneen deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button