Local news

Laerskool Tini Vorster hou eerste Fast5- en sewes-toernooi met groot sukses

Laerskool Tini Vorster het onlangs hul eerste Fast5-netbal- en sewes-rugbytoernooi met groot sukses aangebied.

Laerskool Tini Vorster het op 19 en 20 September hul eerste Fast5-netbal- en sewes-rugbytoernooi by Hoërskool John Vorster se sportgronde aangebied.

Die skool het hiermee die waters getoets vir moontlike toekomstige sportdae en toernooie, en die geleentheid is as ’n groot sukses bestempel.

Fast5Netbal was ‘n hoogtepunt.

Verskeie skole het oor die twee dae aan die opwindende wedstryde deelgeneem, met goeie sportmangees en spanpoging wat oral deurskemer het.

Aan die einde van die toernooi het Laerskool Tini Vorster se o11- en o13-spanne as wenners uit die stryd getree – ’n prestasie waaroor die skool met trots kan terugkyk.

Die trofees waarvoor daar tydens die toernooi meegeding is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button