Local newsSchools
Glans, styl en spogmotors kenmerk Hoër Volkskool se matriekafskeid
Die Hoër Volkskool se matrieks het hul laaste skoolhoofstuk in styl afgesluit met ’n glansryke aand wat pragtige uitrustings en spoggerige vervoermiddels ingesluit het.
Die Hoër Volkskool se matrikulante het op 17 Oktober hul glansryke matriekafskeid bygewoon.
Die paartjies het met hul aankoms oor die rooi tapyt gestap onder luide applous van trotse toeskouers, ouers en familie.
Die aand was ‘n fees van styl met pragtige uitrustings en opvallende vervoermiddels; van sportmotors en ouer voertuie tot trokke, trekkers en selfs perde.
Na hul aankoms het die matrieks per bus vertrek na die bestemming waar die funksie plaasgevind het.









At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



