Local news

SAWV Sektor 1.4 hou jaarafsluiting en eer uitblinkers

SAWV Sektor 1.4 het hul jaar met ’n betekenisvolle funksie afgesluit waarin diensbaarheid, gemeenskapsondersteuning en lede se uitsonderlike bydraes in die kollig was.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) Sektor 1.4 het op 15 November hul jaarafsluiting by The Ranch net buite Heidelberg gehou.

Die Heidelberg-gebaseerde Eenheid Suikerbos, wat deel vorm van hierdie sektor, het saam met lede en gaste die geleentheid bygewoon.

Kapelaan Gert van Rooyen, Mario Smit en Frik van Niekerk PHOTO: Eugene Viljoen.

Die opening was deur kapelaan Gert van Rooyen behartig en daar was veral melding gemaak van lede wat nie gesond is nie of in die hospitaal aansterk of by die huis herstel.

Lydia Botha, Sektor- en eenheid adjudant van Eenheid Suikerbos, het in haar spreekbeurt genoem dat sukses nie vanself kom nie.

Lydia Botha met haar sertifikaar van uitnemendheid en Frik van Niekerk. PHOTO: Eugene Viljoen

“As ons as veterane en gemeenskapsgroepe nie self inspring en iets doen nie, gaan ons nie die vrugte kan pluk nie. Ons is net sterk as elkeen sy deel doen,” het Botha gesê.

Die nuwe kapelaan, Gert van der Linde, asook lewenslange lede Susanna van Niekerk en Kolonel Frans Harding is ook verwelkom.

Willie Lee en Mario Smit. PHOTO: Eugene Viljoen.

Sektor 1.4 het sy prysuitdeling gehou vir lede en individue van die gemeenskap wat uitsonderlik presteer het.

Toekenning het gegaan aan: Wisseltrofee vir gemeenskapsveiligheid: Flip Minnaar van Heidelberg GPF.

Erfenis- en ondersteuning erkenning: Tony Burisch van Heidelberg Erfenisstigting.

Tony Burisch spreek die gaste toe. PHOTO: Eugene Viljoen

Projek Bosuil en erfenisbewaring: Okkie Jooste van Eenheid Kiewiet.

Die lid wat altyd uit sy pad gaan om te help: Jaco Botha.

Die beste Projek Kolgans: Leon Delport van Eenheid Kiewiet en Projek Dwergvalk Willem J Pretorius van Eenheid Suikerbos.

Hannes Louw en Willem J Pretorius. PHOTO: Eugene Viljoen.

Die SAWV het tydens die geleentheid ook nasionale merietetoekennings gegee aan die volgende lede:

Brons: Cornelius Ferreira, Leon Delport, Kapelaan Gert van Rooyen, Hannes Louw, Trudie Potgieter en Kapelaan Morné Ford.

Silwer: Mario Smit, Frik van Niekerk, Lydia Botha, Willem J Pretorius, Colin Church en Okkie Jooste.

Nasionale toekenning: Dwergvalk, Hannes Louw en Willem J Pretorius, onder voorsitter.

Sertifikaat van uitnemendheid: Hannes Louw, Willem J Pretorius, Lydia Botha en Frik van Niekerk

Byeboer: Willie Lee. .

Erebalkies: Flip Jooste, Jan Bergh en Willem J Pretorius.

Boshoedbalkie: Mario Smit (silwer Boshoed).

Sektor 1.4 trofeë is aan die volgende lede oorhandig:

Operasie Kolgans: Leon Delport van Eenheid Kiewiet,

Dwergvalk: Jannes Louw en Willem J Pretorius van Eenheid Suikerbos.

Gemeenskapspolisieeringsforum: Eenheid Suikerbos.

Operasie Bosuil: Okkie Jooste van Eenheid Kiewiet.

Operasie Edelvalk: Frik van Niekerk van Eenheid Suikerbos.

Operasie Sandpatrys kapelaansdienste: Kapelaan Gert van Rooyen.

Operasie White Dove: Frik van Niekerk van Eenheid Suikerbos.

Frik van Niekerk. PHOTO: Eugene Viljoen.

Die eenheid van die jaar toekenning is vir die derde agtereenvolgende jaar aan Eenheid Suikerbos toegeken.

“Om te sien hoe elke lid bydra tot die sukses van die Sektor is verblydend. Ons hoef nooit te vra vir bystand of hulp nie. Ons ding mee met groter en sterker sektore maar elke keer sal ons as ‘n eenheid uitstyg bo die ander,” het Mario Smit, Sektor 1.4-voorsitter gesê.

Mario Smit. PHOTO: EUGENE VILJOEN

Frik van Niekerk Sektor 1.4-visevoorsitter en wat ook dien as Eenheid Suikerbos voorsitter het afgesluit met:

“Dankie aan ‘n wonderlike span wat dit moontlikmaak dat ons so goed kan saamwerk. Elkeen weet wat hulle moet doen en sonder aarseling word alles met geesdrif aangepak“.

Flip Minnaar ontvang die wisseltrofee vir gemeenskapsveiligheid PHOTO: Eugene Viljoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button