Nigel VLU is gereed om 87 jaar van vrouekrag in 2026 te vier
Die VLU Nigel-tak staan gereed om in 2026 hul 87ste bestaansjaar te vier met die inspirerende tema ‘Wees die verskil’.
Die VLU Nigel-tak berei voor om hul 87ste bestaansjaar in 2026 te vier.
Die tak nooi alle belangstellendes uit om saam te kom sing, te lag en deel te wees van die unieke kuier en warmte wat net die VLU kan bied.
Die jaartema vir 2026 is ‘Wees die verskil’ met ‘Vandag se Vrou’ as die algemene studierigting.

By elke maandvergadering is daar ‘n spesifieke tema waar lede hul kennis deel en soms word kundige gassprekers ook uitgenooi om die lede toe te spreek.
“Ons sing nie net nie, ons kuier in stereo en saam maak ons ook ‘n verskil in ons gemeenskap,” sê Elsa Greyling, die skakelbeampte van die Nigel-tak.

Vroue wat graag meer oor die klub te wete wil kom kan die voorsitter, Anna-Marie Axer by 082 886 2002 skakel of ‘n e-pos stuur na annamarie.axer@gmail.com



