Local newsSchools
Matrikulante van 2025 genooi om hul sukses te deel
Persone wat in Heidelberg of Nigel woon maar elders skool gegaan het, is ook welkom om hul uitslae in te stuur.
Die matriekuitslae van 2025 word op 12 Januarie verwag.
Die HERAUT wil graag hoor van matrikulante wat vier of meer onderskeidings in hul eindeksamens behaal het.
Dit geld ook vir inwoners van Nigel en Heidelberg, wat skole in ander dorpe bygewoon het.
Skole, onderwysers en ouers is ook welkom om uitslae in te dien.
Ons benodig ‘n foto, die volle naam en van van die matrikulant, die uitslae, asook die skool waar die leerder gematrikuleer het.
Stuur die inligting per e-pos na thelma@caxton.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



