GALLERY: Volkskool se 2025 matriekklas behaal ‘n 98.2% slaagsyfer
Volkies se matriekklas van 2025 staan gereed om die toekoms aan te durf.
Hoër Volkskool se 2025-matrieks het op 13 Januarie hul uitslae en matrieksertifikate by die skool afgehaal, en hul prestasies het vir trots gesorg.
Die skool se matrieks het ’n slaagsyfer van 98.2% behaal.
Die topleerling Lauriska Els het nege vakke tydens haar matriekjaar aangepak en spog met sewe onderskeidings.
Sy beplan om Aktuariële Wetenskap aan die Potchefstroomse Noord-Wes Universiteit (NWU) te studeer.
Die ander uitsonderlike leerders vir 2025 was:
Drie onderskeidings: Rihané Hendriksz, Anke Kotze, Megan Manenti, Zonike Marais, Christiaan Steyn, Biehan Wepener, Jané Wepener, Bryan Wiggill, Marco Zdara, Inge Boshoff, Marike Janse van Rensburg en Marileigh Mouton.
Vier onderskeidings: Rulindé Smit, Karen Venter, Luné Wepener, Suné Barnard, Huib Sprong en Shawé Marais.
Vyf onderskeidings: Liesche Coetzee, Heinrich Bronkhorst en Jurgens Potgieter.
Ses onderskeidings: Bianca Erasmus.
Heraut het met ’n paar leerders oor hulle toekomsplanne gepraat:
• Saam het die Wepener-drieling 10 onderskeidings behaal.
Jané gaan aptekerswese studeer terwyl Biehan ingenieurswese en Luné industriële ingenieurswese as studierigting gaan aanpak. Al drie gaan by NWU in Potchefstroom verder studeer.
• Heinrich Bronkhorst gaan meganiese ingenieurswese by die Universiteit van Pretoria studeer.
• Suné Barnard se studierigting is sportwetenskap by die Universiteit van Johannesburg.
• Marco Zdara wil homself bekwaan in kubersekuriteit.
• Huib Sprong gaan in Bloemfontein medies studeer.
• Inge Boshoff gaan in die chiropraktisynrigting by Universiteit van Johannesburg studeer.
• Zonike Marais gaan geoktrooieerde rekenmeesterskap by NWU Potchefstroom volg.
• Shawé Marais gaan regte studeer by Akademia.
• Marileigh Mouton kyk op wolke toe want sy wil graag ’n lugwaardin word.






















