Local news

ATKV en Helpende Hand soek Heidelberg se oulikste paartjie

Die ATKV en Solidariteit Helpende Hand nooi paartjies uit om ’n foto in te stuur en saam met die gemeenskap die maand van liefde te vier.

Februarie, bekend as die maand van liefde, is om die draai.

Met die oog daarop is die Heidelberg-takke van die ATKV, asook Solidariteit Helpende Hand, op soek na Heidelberg se oulikste paartjie.

Hierdie twee organisasies nooi alle verliefde paartjies in Heidelberg uit om deel te neem aan ’n lekker Valentynsdagkompetisie.

Dit is baie maklik om in te skryf.

Of julle nou al vir jare saam is, pas verloof is, jonk van hart of lank getroud is – die liefde ken geen ouderdom nie.
Hierdie kompetisie vier die mooi, egte liefdesverhale van die dorp, en enigiemand bo die ouderdom van 16 jaar kan inskryf.

• Hoe om deel te neem

Stuur ’n foto van die paartjie na 071 637 0412, tesame met die name en vanne. Geen lang inskrywings of vorms word benodig nie; net ’n foto wat die paartjie se liefde vasvang.

• Waarom deelneem?

Om die liefde in die gemeenskap te vier, jou storie visueel te deel, lekker pryse te wen en deel te wees van iets moois in Heidelberg.

• Pryse wat gewen kan word:

Die gelukkige wenners staan die kans om romantiese pryse te wen wat Valentynsdag ekstra spesiaal sal maak. Die wenner sal op 12 Februarie bekendgemaak word.

Daar sal onder andere ’n geskenkpak van Appelliefie ter waarde van R300 wees, ’n romantiese koffie-uitstappie geborg deur Appelliefie, asook fotosessies vir die top twee plekke. Meer pryse sal later bygevoeg word.
Vir navrae, kontak Sandra Taljaard by 082 888 2731.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button