Local newsSchools

Hoër Volkskool matriekleerders blink uit by Sedibeng-Oos Vaktoekennings

Drie leerders van Hoër Volkskool het tydens die distriktoekennings veral uitgestaan en hul skool trots gemaak.

Die Hoër Volkskool het goed gevaar tydens die onlangse Sedibeng-Oos-distrik Vaktoekenning-prysuitdeling.
Drie matriekleerders van die 2025-klas het veral uitgestaan.

Bianca Erasmus het ’n vaktrofee vir toerisme ontvang en is verder as die beste in die streek aangewys vir wiskunde-geletterdheid, geskiedenis en besigheidstudies. Sy is ook eerste in die distrik onder publieke skole en tweede as algehele topleerling in haar kategorie.

Peter Teixeira, Midvaal se burgermeester en Bianca Erasmus tydens die oorhandiging. PHOTO: Verskaf

Lauriska Els is vaktrofee-ontvanger vir dans, sowel as drama, en Huib Sprong het ’n vaktrofee vir wiskunde en lewensoriëntering ontvang.

Huib Sprong met sy twee sertifikate. PHOTO: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button