Local news
Hoër Volkskool onderwysers is vereer met Sedibeng-Oos vaktoekennings
Wanneer uitnemendheid beloon word, staan Hoër Volkskool se onderwysers voor in die ry.
Verskeie onderwysers van Hoër Volkskool het onlangs erkenning ontvang vir hul uitnemende bydraes tot die onderwys.
Die skool is trots daarop dat dié opvoeders aangewys is as ontvangers van die Sedibeng-Oos vaktoekennings, wat hul toewyding en professionele uitnemendheid bekroon.
Die top onderwysers is: Alta Ferguson (vaktrofee vir geskiedenis), Louise Nortjé (vaktrofee vir Afrikaans), Petro du Plessis (vaktrofee vir geografie), Salomé Calitz (vaktrofee vir drama) en Jason de Kock (vaktrofee vir lewensoriëntering).




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



