SAWV Eenheid Vlakvark kies bestuur vir komende jaar
Met ’n nuwe bestuur aan die stuur mik SAWV, Eenheid Vlakvark daarna om die eenheid vanjaar verder te versterk.
SAWV, Eenheid Vlakvark in Nigel, het op 31 Januarie hul algemene jaarvergadering gehou.
Die vergadering is op die gepaste wyse geopen en alle lede is hartlik welkom geheet. Die huidige bestuur was in sy geheel teenwoordig, en die lede het ook die geleentheid gehad om die bestuur vir die 2026/2027-siklus te kies.
Die nuwe bestuur van Eenheid Vlakvark is as volg saamgestel: Karel Groesbeek as voorsitter, André Pendulbery as onder-voorsitter, Matie Fourie as eenheid sersant-majoor, Clifford Taylor as adjudant, Danie Putter as funksionaris, ds Chris Engelbrecht en Sakkie van Zyl as kapelaans, en Marina Pierneef as kommunikasieoffisier.
Addisionele lede sluit in Ben Joubert en Ernest Pendlebury (Ops Sandpatrys), Dina Fourie (Ops Blousysie), David Klopper en Stephen Brummer (Ops Jagarend) en Chris McDonald (Ops Suikerbekkie).
.




