Local news

SAWV Suikerbos nooi gemeenskap na jaarvergadering

Die gemeenskap word genooi om saam met SAWV Suikerbos hul jaarvergadering by te woon en 17 jaar van diens en betrokkenheid te vier.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV), Eenheid Suikerbos, hou op 14 Februarie 2026 ’n algemene jaarvergadering, waartydens die bestuur vir die volgende termyn verkies en/of herkies sal word.

Alle bestaande lede word uitgenooi om hul stem uit te bring vir die bestuur van hul keuse.

Nuwe lede, dienspligtiges en staandemaglede wat tot 1994 in die SAW gedien het, is ook welkom om aan te sluit. Persone wat nie militêre diens verrig het nie, kan as ondersteuners aansluit.

Die vergadering sal by die Ou Tronk in Jordaanstraat plaasvind en is geskeduleer vir 10:30 vir 11:00.

Frik van Niekerk, SAWV, Eenheid Suikerbos se voorsitter. PHOTO: Eugene Viljoen

“Eenheid Suikerbos is die afgelope drie jaar as ‘Eenheid van die Jaar’ aangewys binne Sektor Wilger (Vanderbijlpark, Vereeniging, Meyerton, Kliprivier en Heidelberg). Ons werksaamhede sluit onder meer hulp aan gestremdes, betrokkenheid by jeug en jeugorganisasies, gemeenskapsveiligheid en ondersteuning aan behoeftiges in,” sê Frik van Niekerk, voorsitter van SAWV Eenheid Suikerbos.

“Om deel van die bestuur te wees, sluit aan as lid en stel jouself beskikbaar,” sluit Van Niekerk af.

Na afloop van die verkiesing sal worsbroodjies gratis verskaf word. ’n Kontantkroeg sal ook beskikbaar wees.

Die SAWV is op 14 Januarie 2009 gestig, en tydens die geleentheid sal SAWV Eenheid Suikerbos ook die vereniging se 17de bestaansjaar vier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button