Laerskool Hannes Visagie atlete haal D5-span
Die atlete se toewyding en vrugte afgewerp.
Laerskool Hannes Visagie-atlete het as algehele wenners uit die stryd getree tydens die onlangse Nigel Sentraal-atletiekbyeenkoms.
Verskeie skole het aan die byeenkoms deelgeneem, waaronder Laerskool Hannes Visagie, Laerskool Tini Vorster, Nigel Primary School, Dunnottar en Birnel.
Laerskool Hannes Visagie het met 889 punte die eerste plek behaal. Laerskool Tini Vorster was tweede, gevolg deur Nigel Primary School.
Die volgende Laerskool Hannes Visagie-atlete het almal hul name op die spanlys van die voorlopige D5-span gekry:
Dogters:
Roné Loxton (70m hekkies, 80m en 100m), Liezel Maritz (70m hekkies en hoogspring), Abigail Claassens (70m hekkies), Mieke Esterhuizen (75m hekkies, 150m en verspring), Liezel Pretorius (75m hekkies en 150m hekkies), Leahnay Barnard (150m hekkies), Leane Steenkamp (spiesgooi, diskus en gewigstoot), Zuandri du Plessis (spiesgooi), Zaynonisa Fourie (75m hekkies en 200m hekkies), Diane Meyer (diskus), Tatem Meyer (spiesgooi en hoogspring), Carli Pieters (gewigstoot), Laure Pistorius (gewigstoot en verspring), Lua Eagleton (hoogspring), Jazmine Flanagan (verspring), Luzaan le Roux (hoogspring), Wilandri le Roux (gewigstoot), Leandri Pieters (gewigstoot en verspring), Dulante Glad (verspring), Zelincha Grobler (gewigstoot, diskus en hoogspring) en Xante Ferreira (spiesgooi).
Seuns:
Naveen Rezagne (70m hekkies), Reghardt Stoltz (70m hekkies, hoogspring en verspring), Kristiaan Alberts (70m hekkies, 80m en verspring), Dullin Abrahams (100m en 80m), Hendrico Stapelberg (diskus en gewigstoot), Rovaldinoh Kelly (80m hekkies), Swen van Staden (200m hekkies), Jason Bezuidenhout (diskus), Levin le Roux (hoogspring, spiesgooi en diskus), Sion van Rooyen (60m en 80m), Liam Jansen (gewigstoot), Dancu van Dyk (gewigstoot), Zayne Koekemoer (100m en 200m) en Marco Olivier (70m hekkies).



