Local news

HOK gradeplegtigheid onthou: groot geleentheid op studente se kalender

Die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) grade- en diplomaplegtighede is vir uitgaande studente die grootste geleentheid op die kalender gewees.

Soos die oud-studente van die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) terugkyk op gebeure en tradisies in die aanloop tot hul 60-jaar-reünie in 2027, bly die destydse grade- en diplomaplegtighede een van die hoogtepunte.

Ná die voltooiing en ingebruikneming van die Van Wyksaal in 1957 by die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) het die grade- en diplomaplegtighede van afstuderende studente elke jaar aan die einde van die jaar daar plaasgevind.

Daar was dikwels egpare wat op kollege ontmoet het en saam gegradueer het. FOTO: Verskaf

Gradeplegtighede is jare lank gehou voordat die gebruik van togas in 1961 ingestel is, maar dit was steeds baie spoggerige geleenthede en die belangrikste datums op HOK-studente se kalenders.

Vir ouers was die plegtighede ‘n groot hoogtepunt om by te woon. Daar was ook dikwels egpare wat mekaar op kollege ontmoet het en saam gegradueer het.

Vir ouers was die gradeplegtigheid ‘n oomblik van groot trots, en baie fotos is geneem. FOTO: Verskaf

Die HOK het van 1909 tot 1967 bestaan voordat dit gesluit en die terrein deur die weermag in gebruik geneem is.

Ter voorbereiding van die 60ste herdenking van die kollege se sluiting in Maart 2027 by Laer Volkskool, is ‘n museumuitstalling oor die kollege in die skool se mediasentrum ingerig.

Een van die egpare wat op kollege mekaar ontmoet het en die gradeplegtigheid saam bygewoon het. FOTO: Verskaf

Oud-studente sal by die skool bymekaarkom en weer in besonderhede na die kollege se geskiedenis terugkyk voordat hulle hul reünie vier.

Die VanWyksaal waar diploma- en gradeplegtighede plaasgevind het sedert 1957.
FOTO: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button