Local news

Heigel Fotoklub wys Oktobermaand se fotokompetisiewenners aan

Heigel Fotoklub se lede het hul fotografiese talent ten toon gestel met Oktobermaand se tema, Refleksie.

Die Heigel Fotoklub het onlangs tydens sy maandelikse vergadering die wenners van Oktobermaand se fotokompetisie aangewys.

Die voorsitter, Dawie de Villiers, het gesê dat hy maand ná maand ’n verbetering in die lede se fotografie opmerk.

“Dit is verblydend om die gehalte van die foto’s wat elke lid inskryf, te sien,” het De Villiers gesê.

Die beste algemene foto is deur Michelle van Niekerk geneem. Foto: Michelle van Niekerk

Die voorgeskrewe tema vir die maand was Refleksie.

Benewens die voorgeskrewe tema is daar ook verskeie ander kategorieë waarin fotograwe hul foto’s kan inskryf. Dit sluit onder meer natuur, voëls, ope, portrette, swart-en-wit, sport, joernalistiek en geboue in.

In sekere kategorieë word geen veranderinge of fotoredigering aan die oorspronklike foto’s toegelaat nie.

Die voorgeskrewe tema wenner was Michelle van Niekerk.
Foto: Michelle van Niekerk

Oktobermaand se wenners is:

• Voorgeskrewe tema: Liquid Mirror deur Michelle van Niekerk.

• Beste algemene foto: Rebel Spirit deur Michelle van Niekerk.

• Beste juniorfoto: Pudding deur Monica van der Merwe.

Belangstellendes wat meer inligting oor die klub wil bekom, kan Dawie de Villiers by 084 600 5765 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button