SchoolsSport

Volkskool skop krieket liga op ‘n hoë noot af

Volkies laat die grenshou inrol.

Hoër Volkskool het op 20 Augustus met krieket ligawedstryde afgeskop.

Die eerste span het teen Sasolburg te staan gekom op die Unie veld in Heidelberg.

Sasolburg het eerste gekolf en hulle baie goed van hulle taak gekwyt.

Sasolburg het in hulle toegelate 50 boulbeurte 222 lopies aangeteken.

Volkskool het met hulle beurt in die begin gesukkel, maar soos die beurt gevorder het, het hulle hul voete behoorlik gevind en die lopies laat inrol.

Die wentotaal het Volkskool in die 33ste beurt verbygesteek.

Volkskool se eindtotaal was 226 vir sewe paaltjies.

Volkskool se kolwers wat die beste gevaar het was Mark-Wesley Drinkwater (79) en Matthew Lües (35).

Die beste boulers was Anjo Swart, wat in nege boulbeurte drie paaltjies laat kantel en 31 lopies afgestaan het, asook Keane Duckitt wie in 10 boulbeurte, twee paaltjies laat kantel het en 40 lopies afgestaan het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button