Schools

Vossies wys lootjiewenners aan

Hoërskool John Vorster het die wenners van hul lootjiekompetisie tydens Pieter Koen se vertoning op 20 Augustus aangekondig.

Hoërskool John Vorster het die wenners van hul lootjiekompetisie tydens Pieter Koen se vertoning van 20 Augustus bekend gemaak.

Pieter Koen het die vyf wenlootjies getrek.

Die volgende pryse was tydens die kompetisie beskikbaar:

• Eerste prys: Ses nagte vakansie vir vier persone, geborg deur The Old Hatchery in die Drakensberge. Elvin Groenewald het die prys oorhandig.

• Tweede prys: ‘n Geslagte lam wat deur Gert Kriek geborg is.

• Derde prys: ‘n R300 SPAR koopbewys wat deur Perttskate Co geborg is.

• Vierde prys: ‘n R250 SPAR koopbewys.

• Vyfde prys: ‘n R200 SPAR koopbewys.

Die wenners van die lootjies was:

• Lelani Botha (eerste prys)

• Charmaine Trollip (tweede prys)

• Jacques Barnard (derde prys)

• Marsha Lourens (vierde prys)

• Buhlebethu Masilela (vyfde prys)

“Ons wil graag dankie sê aan die gemeenskap wat ons lootjiekompetisie ondersteun het,” sê die skoolhoof Jan Nienaber.

“Dankie ook vir diegene wat die pryse geborg het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button