Op 24 September het Hoër Volkskool se eerste asook o15 spanne hulle staal op die krieketveld gewys.
Volkskool se eerste span het teen Overvaal kragte gemeet.
Overvaal het eerste gekolf en162/7 in 20 boulbeurte aangeteken.
Volkskool het die wentotoaal bereik in die 17de boulbeurtmet die totaal van 166/5 en met vyf paaltjies gewen.
Die beste kolwers vir Volkskool was Matthew Lues, Lehan Janse van Rensburg 30, Anjo Swart 22 en Mark Wesley-Drinkwater 61.
Die beste boulers was Anjo Swart 2/26 in 4 boulbeurte en Josh Munro 2/45 in 4 boulberte.
Die o15 Volkiespan het teen Driehoek kragte gemeet, waar Volkskool die wedstryd met 179 lopies gewen het.
Volkskool het eerste gekolf en 265/2 aangeteken in 20 boulbeurte. Driehoek het gesukkel met bal en kolf en het in 20 boulbeurte 86/8 aangeteken.
Volkskool se beste kolwers was Maro Hartkopf 132 van 59 balle (13 viere en 9 sesse) en Dave Pelzer 104 van 63 balle (13 viere en drie sesse).
Die beste boul ontledings is Dave Pelzer 3/16 in vier boulbeurte en Quintin Dietrechsen 1/19 in drie boulbeurte.
Maro Hartkopf was die speler van die wedstryd.