Schools

Vossie atletiek is bobaas

Die skool se atlete het verskeie rekords gebreek in beide veld- en baan items.

Verskeie atlete van Hoërskool John Vorster het tydens ‘n tuisbyeenkoms op 27 Januarie verskeie rekords laat spat.

Die byeenkoms was teen Afrikaans Hoër Germiston en Hoërskool Stoffberg en is by die Hoërskool John Vorster sportgronde gehou.

Nuwe rekords is vir die volgende baan items opgestel:

• Lohané Aucamp (dogters o14) het die 100m item ‘n nuwe rekord van 13.34 sekondes opgestel. Die vorige rekord was in 2020 deur Anja Boshoff van Hoërskool Stoffberg opgestel (13.59 sekondes).

Aucamp het tydens die 200m item ‘n nuwe rekord van 28.15 sekondes opgestel. Die vorige rekord was ook deur Anja Boshoff in 2020 opgestel (29.18 sekondes).

Gedurende die 400m item het Aucamp ook ‘n nuwe rekord van 66.47 sekondes opgestel. Die vorige rekord is deur Jolaine Aucamp van Hoërskool John Vorster in 2020 opgestel (69.65 sekondes).

Aucamp het in die 800m ook ‘n nuwe rekord opgestel met ‘n tyd van 2:32.47 sekondes. Die vorige rekord was ook deur Jolaine Aucamp in 2020 opgestel (2:41.60 sekondes).

Gedurende die 1 500m het Aucamp ook ‘n nuwe rekord met ‘n tyd van 5:29.13 sekondes opgestel. Die vorige rekord was deur Jolaine Aucamp in 2020 opgestel (5:36.06 sekondes).

• Linden Manuel (seuns o14) het in die 200m item ‘n nuwe rekord van 24.50 sekondes opgestel. Die vorige rekord was deur Gawie Combrink van Hoërskool John Vorster in 2020 opgestel (25.19 sekondes).

• Jolaine Aucamp (dogters o17) het in die 400m ‘n nuwe rekord met ‘n tyd van 69.28 sekondes opgestel. Die vorige rekord was deur Chante Reynecke van Hoërskool Stoffberg in 2020 opgestel (78.78 sekondes).

Jolaine het ook in die 800m ‘n nuwe rekord aangebring met ‘n tyd van 2:42.45 sekondes. Die vorige rekord is deur Chante Baasden van Hoërskool John Vorster in 2020 opgestel (2:57.80 sekondes).

Jolaine het in die 1500m item ‘n nuwe rekord met ‘n tyd van 5:49.66 sekondes opgestel. Die vorige rekord was deur Chante Reynecke van Hoërskool Stoffberg in 2020 opgestel (6:07.50 sekondes).

• Petri Stoltz (seuns o16) het gedurende die 110m hekkies item ‘n nuwe rekord met ‘n tyd van 16.56 sekondes opgestel. Die vorige rekord was deur Levaan Rose van Hoërskool John Vorster in 2022 opgestel (17.22 sekondes).

• Nhlakanipo Sibeko (seuns o16) het gedurende die 400m hekkies item ‘n nuwe rekord met ‘n tyd van 66.13 sekondes opgestel. Die vorige rekord was deur Marnus Smit van Hoërskool John Vorsterin 2022 opgestel (67.91 sekondes).

• Stiaan van den Venter (seuns o17) het ‘n nuwe 100m rekord opgestel met sy tyd van 11.62 sekondes. Die vorige rekord was deur Edward Seteki van Hoërskool John Vorster in 2022 opgestel (11.78 sekondes).

Van den Venter het ook in die 200m item ‘n nuwe rekord met ‘n tyd van 23.87 sekondes opgestel. Morné Viljoen van Hoërskool Stoffberg het die vorige rekord in 2020 opgestel (24.68 sekondes).

• Giovanni Coetzee (seuns o17) het in die 1 500m ‘n nuwe rekord van 4:37.71 sekondes opgestel. Die vorige rekord is deur Alisandro Cloete van Hoërskool Stoffberg in 2022 opgestel (4:40.88 sekondes).

• Caydin Bowker (seuns o17) het in die 110m hekkies item ‘n nuwe rekord met ‘n tyd van 17.10 sekondes opgestel. Die vorige rekord is in 2020 deur Hanro Pretorius van Hoërskool Stoffberg opgestel (17.25 sekondes).

• Lesego Phihlela (seuns o17) het in die 400m ‘n nuwe rekord met sy tyd van 56.56 sekondes opgestel. Die vorige rekord is deur Alisandro Cloete van Hoërskool Stoffberg in 2022 opgestel (58.38 sekondes).

• Elske Stander (dogters o19) het in die 400m item ‘n nuwe rekord met ‘n tyd van 67.43 sekondes opgestel. Die vorige rekord is deur Mieke Kapp van Hoërskool John Vorster in 2020 opgestel (69.81 sekondes).

Stander het ook ‘n nuwe rekord in die 400m hekkies item opgestel met ‘n tyd van 73.19 sekondes. Die vorige rekord is deur Elandia Marais van Hoërskool John Vorster in 2020 opgestel (75.30 sekondes).

• Duncan Spence (seuns o19) het in die 110m hekkies item ‘n nuwe rekord met ‘n tyd van 17.69 sekondes opgestel. Die vorige rekord is in 2020 deur Louis Barnard van Hoërskool John Vorster opgestel (18.28 sekondes).

Nuwe rekords is vir die volgende veld items opgestel:

• Linel Claasens (dogters o15) het ‘n nuwe hoogspring rekord met ‘n hoogte van 1.5m aangebring. Die vorige rekord is deur Elske Stander van Hoërskool John Vorster in 2020 opgestel (1.43m).

Claasens het ook in gewigstoot ‘n nuwe rekord aangeteken met ‘n afstand van 11.47m. Die vorige rekord is in 2022 deur Liza Gouws van Hoërskool John Vorster opgestel (10.43m).

Claasens het in haar diskus item ook ‘n nuwe rekord van 29.63m opgestel. Die vorige rekord is deur Danielle van Vuuren van Hoërskool Stoffberg in 2020 opgestel (24.72m).

• Petri Stoltz (seuns o16) het ‘n nuwe hoogspring rekord met ‘n hoogte van 1.85m aangebring. Die vorige rekord is deur Marnus Smit van Hoërskool John Vorster in 2022 opgestel (1.7m).

Stoltz het ook ‘n nuwe gewigstoot rekord met ‘n afstand van 11.56m opgestel. Die vorige rekord was deur Corné Mynhardt in 2020 van Hoërskool Stoffberg opgestel (10.73m).

Stoltz het ook ‘n nuwe diskus rekord met ‘n afstand van 28.52m opgestel. Die vorige rekord is deur Christiaan Gryffenberg van Hoërskool John Vorster in 2020 opgestel (26.14m).

• Devan Schutte (seuns o17) het ‘n nuwe hoogspring rekord met ‘n hoogte van 1.65m opgestel. Die vorige rekord is deur Juan Thompson van Hoërskool John Vorster in 2020 opgestel (1.6m).

• Caydin Bowker (seuns o17) het ‘n nuwe driesprong rekord met ‘n afstand van 12.48m opgestel. Die vorige rekord is deur Morné Viljoen van Hoërskool Stoffberg in 2020 opgestel (11.55m).

• Ankia van der Merwe (dogters o17) het ‘n nuwe gewigstoot rekord met ‘n afstand van 10.01m opgestel. Die vorige rekord is deur Monique du Preez van Hoërskool John Vorster in 2020 opgestel (9.5m).

van der Merwe het ook ‘n nuwe diskus rekord van 26.10m opgestel. Die vorige rekord was deur Danelle Gouws van Hoërskool John Vorster in 2020 opgestel. (25.01m).

• Herald van der Merwe (seuns o17) het ‘n nuwe gewigstoot rekord met ‘n afstand van 13.9m opgestel. Die vorige rekord is deur Leon Luus van Hoërskool Stoffberg 2020 in opgestel (11.99m).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button