SchoolsSport

Rekords spat by atletiekbyeenkoms

Verskeie nuwe rekords is tydens die byeenkoms opgestel.

Laerskool AG Visser het op 26 Januarie gasheer gespeel vir ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms.

Die skole wat deelgeneem het aan die byeenkoms was Laerskool Tini Vorster (Nigel), Laerskool Hannes Visagie (Nigel), Laerskool Jan van Riebeeck (Springs) en Gekombineerde Skool Wilgerivier (Frankfort).

Daar was verskeie hoogtepunte en goeie tye, hoogtes en afstande is opgestel tydens die byeenkoms.
Vier rekords was ook verbeter.

Devoné Ross (Hannes Visagie) in dogters o13 200m hekkies het ‘n ruwe rekord van 31:20 sekondes opgestel. Die vorige rekord het vir nege jaar gestaan.

Jabulani Katifa (AG Visser) het in die seuns o10 70m hekkies ‘n rekord los gehardloop in ‘n nuwe tyd van 13:33 sekondes.

Ciara Visser (Tini Vorster) dogters o11 het ‘n hoogspring rekord losgespring met ‘n hoogte van 1.25m
Talisha Vermeulen (Jan van Riebeeck) het in die gewigstoot dogters o13 die rekord verbeter met ‘n nuwe afstand van 11.68m.

Dogters 70m wedloop se wegspring.
Mattio Res wen die seuns o13 800m wedloop.
Leon Liebenberg wen die 150m hekkies wedloop.
Leon Liebenberg wys hakskene tydens die seuns o13 80m hekkies item.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button