Volkies vaar goed op die sportveld
Hoër Volkskool het die afgelope week verskeie goeie prestasies op die sportveld behaal.

• Atletiek:
Volkskool o19 seuns aflos span het die baan aan die brand gehardloop en goud gewen tydens ‘n atletiek byeenkoms by Hoërskool Centurion.
Ander prestasies is Pieter Greyling het 11.14 gehardloop in die 100m, Martin Joubert 11.1 in die 100m en Pierre Cronje 15.81 in die 110m hekkies.
• Krieket:
Volkskool se eerste span het op 18 Januarie teen Dainfern in ‘n T20 wedstryd te staan gekom waar Volkskool met 60 lopies gewen het. Volkskool behaal 168 vir nege paaltjies en Dainfern 105 vir ses paaltjies.
Volkskool se Maro Hartkopf teken 69 lopies aan en Daniel Bierman het ‘n driekuns in die boul afdeling behaal.
Volkskool se o15 span het op 25 Januarie vir Uplands College met 17 lopies geklop. Hulle het 187 lopies op die telbord gekry en Uplands College het met ‘n totaal van 170 geantwoord.
Goeie kolfwerk is behaal deur Jaco Bierman wat 44 lopies aangeteken het en Marlo Schoeman en PW van Heerden wat elke 35 lopies bygedra het.
Die bouler Christo Dietrechsen het vier paaltjies vir 15 lopies geneem en Marlo Schoeman drie paaltjies vir 18 lopies.
Volkskool se eerste span het Ben Vorster Hoërskool op 25 Januarie met 10 paaltjies verslaan.
Volkskool 138 vir geen paaltjie aangeteken en Ben Vorster behaal 137 lopies.
Quentin Dietrechsen het 50 lopies, nie uit nie, aangeteken en Maro Hartkopf het 69, nie uit nie, op die telbord gekry.
Dave Pelser het vier paaltjies vir 36 lopies geneem en Jaco Botha drie paaltjies vir 28 lopies.
Marco Botha het vier spelers agter die paaltjies uitgevang.
• Hokkie:
Volkskool hokkiespanne het op 18 en 25 Januarie aan die Hugenote sewes deelgeneem.
18 Januarie:
Die o18 seuns verloor teen Hugenote.
Seuns o16: Volkskool seëvier teen EG Jansen se o14 span, wen Hugenote o14 en Oosterlig o16 spanne asook ‘n gelykop uitslag op teen Die Anker o16.
Dogters o18: Volkskool wen Die Anker en verloor teen Oosterlig.
Dogters o16: Volkskool verloor teen Hugenote en Brandwag en speel gelykop teen Hugenote o14.
Dogters o15: Verloor teen Hugenote o15 en Hugenote o14.
25 Januarie:
Seuns o19: Volkskool wen teen Die Anker o16 en gelyk op teen Die Anker o19.
Seuns o16: Volkskool wen teen Oosterlig en Die Anker en verloor teen Hugenote.
Dogters o19: Volkskool wen teen Die Anker en gelykop teen Oosterlig.
Dogters o16: Volkskool wen teen Oosterlig en Die Anker en verloor teen Hugenote.
Dogters o15: Volkskool wen teen Oosterlig en Die Anker.
Dogters o14: Volkskool verloor teen Hugenote.



