Schools

Sagie atlete lewer top prestasies

Levin le Roux het 'n agtste plek in diskus en 'n derde plek in spiesgooi behaal en kwalifiseer met sy afstand van 36.02m vir die SA Kampioenskappe.

Atlete van Laerskool Hannes Visagie het top prestasies gelewer tydens die Gauteng Kampioenskappe.

Twaalf leerders het in 17 verskillende items gekwalifiseer en het op 14 en 15 Maart aan hierdie kampioenskappe deelgeneem.

Levin le Roux het deurgedring na die finale van die Gauteng Kampioenskappe in diskus en spiesgooi seuns o12.

Vyf leerders het deurgedring na die halfeindstryd van die Gauteng Kampioenskappe en Levin le Roux het met diskus en spiesgooi deurgedring na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat vanaf 20 tot 22 Maart plaasgevind het.

Le Roux het ‘n agtste plek in diskus en ‘n derde plek in spiesgooi behaal en met sy afstand van 36.02m deurgedring na die SA Kampioenskappe.

Die atlete van Laerskool Hannes Visagie wat aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem het is, agter: Kristiaan Alberts, Dancu van Dyk, Rene Vogel, Vicky Badenhorst, Lubbe Louw en Mieke Esterhuizen. Voor: Zaynonisa Fourie, Zane Koekemoer, Zelincha Grobler, Levin le Roux, Lua Eagleton en Ronè Loxton.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button