Hoër Volkskool netbal spanne het goed gevaar tydens die afgelope NWU reeks.
Die skool se eerste netbal span was wenners in hul afdeling gekroon nadat hulle in die finaal met die Hoërskool Montana afgereken het.
Die span het hiermee ook die skool se geskiedenisboeke herskryf as die eerste span wat dit in die NWU reeks kon vermag.

Die o17A span het die brons medalje verower nadat hulle met Hoërskool Klerksdorp klaargespeel het.
Die o15B span het ook ’n brons medalje verower nadat Potch Gimnasium die knie teen hulle moes buig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



