Volkskool kraai koning op die rugbyveld in ‘n kragmeting teen Hugenote
Die derby tussen die twee skole lewer aanskoulike rugby op.
HEIDELBERG
Die Hoër Volkskool se rugbyspanne het onlangs teen Hoërskool Hugenote in die Noord Vaal Skild kompetisie te staan gekom.
Die wedstryde was op Volkskool se velde gespeel.

Die uitslae is as volg:
o14A: Volkskool 40 – Hugenote 5; o14B: Volkskool 51 – Hugenote 7.
o15A: Volkskool 5 – Hugenote 31; o15B: Volkskool 29 – Hugenote 27.
o16A: Volkskool 35 – Hugenote 14; o16B: Volkskool 19 – Hugenote 7.

Eerste Span: Volkskool 43 – Hugenote 36; tweede span: Volkskool 29 – Hugenote 19 en derde span: Volkskool 15- Hugenote.
In 2024 het die twee skole die nuwe derby begin waar hulle die eerste wedstryde by Hugenote in Springs gespeel het.

Tans op die Noord Vaal skild puntestand lê Volkskool se eerste span in die tweede plek.
Daar is nog ‘n paar wedstryde in die reeks oor.




