Schools

Hoër Volkskool-redenaar op pad na nasionale podium

’n Leerder van Hoër Volkskool het met haar spraakvermoë beïndruk tydens die Interskole Redenaarskompetisie

Hoër Volkskool-leerder en topredenaar, Anell Shepherd, het gedurende die laaste week van Junie aan die Interskole Redenaarskompetisie in Pretoria deelgeneem.

In die onvoorbereide redenaarsafdeling het Anell uitstekend gevaar met haar spraakvermoë.

Sy het daardeur gekwalifiseer om aan die nasionale ronde van die Interskole Redenaarsliga deel te neem.

Die kompetisie vind op 27 September plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button