Schools
Volkie rugbyspeler ontvang sewes provinsiale kleure
Die jong rugbyspeler gaan die Valke tydens verskeie toernooie verteenwoordig.
Laer Volkskool-leerder en rugbyspeler Phillip Swanepoel woeker behoorlik op die rugbyveld.
Hy het onlangs aan die Valke o12 sewesproewe deelgeneem en met sy goeie vertoning is hy gekies vir die Valke o12-sewesspan.
Dié span gaan deelneem aan die sewesbondedae wat onderskeidelik deur die Leeus en Blou Bulle aangebied word.
Daarna volg die groot provinsiale week in Bloemfontein vanaf 2 tot 4 Oktober.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



