Schools

Hoër Volkskool-leerder blink uit in nasionale redenaars

’n Leerder van Hoër Volkskool het die skool se naam hoog gehou deur ’n top-10 posisie in die ATKV nasionale redenaarsfinaal te behaal.

Hoër Volkskool-leerder, Anéll Shepherd, het onlangs aan die ATKV nasionale Interskole-redenaarsfinaal deelgeneem en uitstekend presteer.

Met uithaler spraak en denke het Anéll nie net bewys dat sy daar hoort nie, maar haar deelname ook op indrukwekkende wyse bevestig.

Sy het in die onvoorbereide redenaarsafdeling algeheel agtste in die land geëindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button