Die Hoër Volkskool se Vikings Fast5-netbalspan het hul staal gewys tydens die nasionale Fast5-finaal, waar hulle indrukwekkend ses van hul nege wedstryde gewen het.
Die toernooi was op 6 en 7 Oktober by Hoërslool Dr EG Jansen aangebied.
Met goeie spel het die span uiters goed gedoen teen die beste spanne in Suid-Afrika.
Volkskool het na die toernooi 13de uit 28 spanne geeïndig.
Die uitslae is as volg:
Vikings: 25 – Rustenburg: 21.
Vikings 18 – Monument: 35.
Vikings: 33 – Middelburg: 21.
Vikings: 18 – Durbanville: 28.
Vikings: 33 – Tom Naude: 21.
Vikings: 22 – Framesby: 13.
Vikings: 23 – Potch Gimmies: 25.
Vikings: 29 – Paarl Gimmies: 22.
Vikings: 32 – Capricorn: 23.
Die spanlede was:
Leila de Beer, Logan Ligthelm, Casey-Lee Smith, Lalie van der Merwe, Lunél Greyling, Arné van Tonder en Emma Barnard. Afrigter: Lelané Meyer



