Schools

Laerskool AG Visser se Graad Sewe leerders lui klok vir laaste keer

Die skool bou voort op 'n tradisie wat sewe jaar van leer en saamwees afsluit.

Die Laerskool AG Visser se Graad Sewe-leerders het op 10 November hul klok vir die laaste keer gelui; ’n simboliese gebaar wat die einde van hul laerskoolloopbaan aandui.

Die skool het ’n trotse tradisie wat jaarliks voortgesit word.

Victor le Roux en Monri Kotzé tydens die tradisionele seremonie.
PHOTO: Eugene Viljoen.

Wanneer ’n leerder vir die eerste keer die skool betree, lui hulle die klok wat voor die saal staan om die begin van hul laerskoolreis aan te dui.

Aan die einde van hul laerskooljare lui hulle weer dieselfde klok, dié keer om afskeid te neem en die begin van ’n nuwe hoofstuk te vier.

 Mieke Coetzee-Olivier (hoofdogter) en Monri Kotzé staan saam by die klok wat gelui is. PHOTO: Eugene Viljoen

Vir die meeste leerders was dit ‘n lang pad wat hulle saam gestap het.

Die leerders het mekaar vir sewe jaar deur dik en dun ondersteun, in die klaskamer én op die sportveld.

 Ethan Martinson (hoofseun) en Monri Kotzé. PHOTO: Eugene Viljoen.

Terwyl elkeen die klok gelui het, het sommige ouers emosioneel geraak, bewus daarvan dat hul kinders nou ’n nuwe hoofstuk in 2026 betree.

Kayden Harris (onderhoofseun) en Carla Benade staan saam by die klok.
PHOTO: Eugene Viljoen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button