Local sportSchools

Derde agtereenvolgende interhoër oorwinning vir Hoërskool John Vorster

John Vorster se atlete het hul mededingers met 398 punte oorrompel.

Die Hoërskool John Vorster het op 13 Februarie die tweede plek skool, Hoërskool Stoffberg, saam met vier ander skole, oorrompel tydens vanjaar se interhoër atletiekbyeenkoms wat in Germiston plaasgevind het.

Met ’n indrukwekkende verskil van 398 punte tussen John Vorster en die tweede plek, wat aan Stoffberg gegaan het, het die Vossies ver vooruit getrek.

Die Hoërskool John Vorster doen ‘n optog voor die interhoër begin. FOTO: Carla du Plessis.

Die punte op die dag deur die skole behaal is:

• Hoërskool John Vorster: 1771

• Hoërskool Stoffberg: 1373

• Hoërskool Delmas: 1125

• Hoërskool Johan Jurgens: 1046

• Hoërskool Oosterland: 1019

• Hoër Tegniese Skool Springs: 420

Vanjaar se oorwinning is die derde agtereenvolgende oorwinning vir Hoërskool John Vorster.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button