Sport

Nigel storm voort

Kempton Park Wolwe met stert tussen die bene huis toe gestuur.

Nigel Rugbyklub het op 22 April teen die Kempton Park Wolwe te staan gekom in die Merlin Beker liga.

Die wedstryde was op die Barnard Stadion in Kempton Park beslis.

Nigel se eerste span het ‘n weghol oorwinning oor Kempton Park met 87–7 behaal.

In die proses het Nigel 13 drieë gedruk en 11 daarvan was verdoel gewees.

Die speler wat die meeste drieë gedruk het en ook as speler van die wedstryd aangewys was, was Graig Pienaar. Hy het vier drieë agter sy naam geskryf.

Die ander spelers wat drieë aangeteken het was Khomotso Mokwele (1), Juandre van Dyk (1), John Holmner (2), Wimpie Raman (2), Junaide Seedat (2) en Ruan Nell (1).

John Holmner in aksie op die veld. Foto: Charlize Lourens.

Junaide Seedat het 11 drieë verdoel.

Nigel se tweede span het voortgegaan met hulle goeie vertonings die jaar, en het Kempton Park se tweedes 47- huis toe gestuur.

Nigel het ses drieë gedruk tesame met een strafskop en vier doelskoppe.

Nigel se tweede span se punte was as volg aangeteken:

Drieë: Japie Marais (1), Freedom Ngubeni (2), Morne Viljoen (1), Simphiwe Jange (1) en Hansie Rudolph (1). Een strafskop en vier doelskoppe deur Simpiwe Jange.

Die speler van die wedstryd was Simphiwe Jange gewees.

Nigel se volgende wedstryd is op 6 Mei teen Elsburg te John Vorster Stadium.

Simpiwe Jange.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button