Heidelberg Rugbyklub het Saterdag vir Katlehong in hul laaste ligawedstryd in die Valke Kestrelreeks oorrompel.
Heidelberg het 69-15 gewen.
Met die wen het Heidelberg gewys hoe warm hulle die jaar in die liga is en het gemaklik bo aan die punteleer geëindig.
Die Berge was alreeds halftyd 33-3 voor.
Die Berge het altesaam 11 drieë gedruk en sewe geslaagde vervyfskoppe geniet.
Heidelberg se punte is soos volg aangeteken:
Drieë: James Atturbury, Armand Wessels, Duncan van Zyl, Juanrich Dercksen, Brennan Ryan, Pinny Pruis, Jaco Venter (2) en Jason van Jaarsveld (3).
Doelskoppe: Jaco Venter (1) en Jason van Jaarsveld (6).
Aangewys as spelers van die wedstryd was die voorspeler James Atturbury en agterspelers Roaan Viljoen en Jason van Jaarsveld.
Heidelberg se volgende wedstryd is 29 Julie in die halfeind teen Vanderbijlpark op Volkskool se veld.



