Plaaslike swemmer verower drie goue medaljes
Buiten die swem kompetisies neem FC ook aan lewensredding-swem byeenkomste deel.
FC Rosslee (12) het op 19 en 20 Augustus met groot welslae aan die Oos-Gauteng Winter Swemkampioenskappe deelgeneem.
Die gala was in Bedfordview gehou.
Tydens die byeenkoms het Rosslee drie keer op die wen podium gestaan.
Die items waaraan hy deelgeneem het, het die 200m, 100m sowel as 50m rugslag ingesluit.
FC Rosslee is tans in voorbereiding vir die somer seisoen sowel as die EGA Somer Kampioenskappe.
Die EGA Somer Kampioenskappe vind van 7-11 Desember plaas.
Buiten die swem kompetisies neem FC ook aan lewensredding swem byeenkomste deel.
Rosslee het al menige medaljes in beide die swembad sowel as lewensredding swem kompetisies ingepalm.



