Sport

Berge deur na President Beker Skild finaal

Morné van der Sandt het uitgedraf vir sy 50ste wedstryd vir Heidelberg.

Heidelberg Rugbyklub het op 20 April in die Valke se Presidents Beker semi-finaal se Skild afdeling teen Kempton Wolwe op Volkskool se veld te staan gekom.

Die eerste span het ‘n harde wedstryd 31-24 gewen.

Morné van der Sandt het sy 50ste wedstryd vir Heidelberg gespeel en het die voorreg gehad om alleen op die veld te draf voordat die res van Berge se spelers opgedraf het.

Kempton Wolwe het soos ‘n stoomtrein begin en twee vinnige drieë gedruk wat beide verdoel was om vining ‘n 14-0 voorsprong op te bou.

Heidelberg het hul voete begin vind en het daarna drie drieë gedruk waarvan twee vervyf was.

Heidelberg het 19-14 teen halftyd voorgeloop.

In die tweede helfte het Berge twee drieë gedruk waarvan een verdoel was teenoor Kempton se drie, doelskop en strafdoel.

Beide spanne het in die eerste helfte ‘n geelkaart vir ongeoorloofde spel gekry.

In die tweede helfte het Heidelberg twee verdere geelkaarte ontvang.

Een van die geel kaarte was verander na ’n rooikaart as gevolg van dieselfde speler wat twee keer ‘n geelkaart ontvang het.

Heidelberg het die meeste van die tweede helfte met 14 spelers gespeel en moes met 13 man klaar kom toe die laaste geel kaart uitgedeel was.

Terwyl Heidelberg met minder spelers op die veld gespeel het, het hulle soos tiere verdedig.

’n Ander sterk punt was Berge se skrums, rolmaal bewegings en lynstaan spel.

Heidelberg se tweede span het op hulle beurt met die Wolwe se tweede span met 27-7 afgereken.

Berge se tweede span was van die begin van die wedstryd die sterker span en het nie toegelaat dat Kempton Wolwe enigsins die spel dikteer nie.

Die span het vyf drieë gedruk, met een geslaagde doelskop teenoor Kempton se een drie en doelskop.

Heidelberg Rugbyklub speel hulle volgende wedstryd in die Valke se Presidents Beker teen Meyerton in die Skild Afdeling finaal by Meyerton Rugbyklub.

Related Articles

 
Back to top button