Local sport
Mei gholfdag baat Nigel Tuiste vir Bejaardes
Vierballe en putjie borge is beskikbaar om fondse in te samel vir die ouetehuis in Nigel.
Nigel Tuiste vir Bejaardes hou ‘n gholfdag fondsinsameling op 13 Mei by die Nigel Gholfklub op Ou Springsweg, met die eerste afslaan om 11:00.
Koste per vierbal beloop R1 000, en ‘n putjie kan geborg word teen R3 000 elk.
“Is jy reg om jou vaardighede te toets? Of jy nou ‘n professionele speler of beginner is, vat die kans en swaai vir ‘n doel wat werklik saak maak,” sê Johan Janse van Rensburg.
Om meer uit te vind, en jou plek of ‘n borg te bespreek, kontak Johan by 072 345 9974.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



