Local sport
Onderwyser en leerder maak podium by karate kampioenskappe
Die onderwyser en leerder by Gekombineerde Skool Balfour het hul vaardigheid in karate ten toon gestel.
Twee karate vegters van Gekombineerde Skool Balfour, ‘n onderwyser en leerder, het op 28 Maart deelgeneem aan die South African Ryukyu Martial Arts Federation (SARMAF) Oos Gauteng Kampioenskappe.
Die onderwyser, Jeanette du Plooy, het ‘n eerste plek behaal vir die kumite (veg) afdeling, en tweede vir kata (tegniek).
Theanette du Plooy, ‘n Graad Vyf leerder van die skool, het eerste plek vir kumite en derde vir kata behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



