Balfour Hengelklub vang 164 vis tydens Vaaldam-kompetisie
Junie se hengel kompetisie het 'n goeie vangs opgelewer vir Balfour Hengelklub.
Balfour Hengelklub op 6 Junie by Leeuplaas Vaaldam saamgekom, waar 164 vis, van net onder 100kg gevang is tydens die klub se maandelikse kompetisie.
Daar was 21 lede wat in senior, dames en junior kompetisies meegeding het, met die volgende top drie hengelaars in elke afdeling:
Senior wenners:
• Eerste plek Johan Dames, 27 vis (18.394kg).
• Tweede plek Christo Du Plessis, 16 vis (7.453kg).
• Derde plek Bennie Kriel, 14 vis (7.932kg).

Dames wenners:
• Eerste Darell Roos, sewe vis (4.134kg).
• Tweede Ingrid Kriel, ses vis (2.634kg).
• Derde Deidre Nel, twee vis (1.807kg).
Junior wenners:
• Eerste Ludwig Du Plessis, sewe vis (4.812kg).
• Tweede Johan Dames, sewe vis (3.307kg).
• Derde Kallie Kriel, vyf vis (2.371kg).

Die volgende pryse is ook toegeken:
• Swaarste karp: Bennie Kriel (2.428kg),
• Swaarste graskarp: Roelog Claassen en Dirk Roos (0.187kg).
• Swaarste moddervis: Johan Dames (1.287kg).
• Swaarste baber: geen babers gevang.
• Swaarste geelvis: Johan Dames (0.791kg).
Die volgende kompetisie is op 1 Augustus by Kees van der Walt, Vaaldam.
Om aan te sluit of vir meer inligting, kontak Lukas Stolz op 084 757 6058, of Bennie Kriel op 079 888 6052.



