Local sport

Jong Nigel karatekas werk hard aan hul doelwitte

Twee jong broers van Laerskool Tini Vorster het in net drie maande ná hul inskakeling by karate reeds medaljes verower én vinnig tot ’n hoër belt gevorder.

Twee jong karatekas van Laerskool Tini Vorster het binne net drie maande reeds merkwaardige vordering gemaak en hul talent op die mat bewys met medaljes én ’n suksesvolle bevordering in hul beltgraad.

Christiaan (8) en Marnus Visser (6) het in April vanjaar by Shihan Dai Leon Gagiano van Tenshinkan Nigel Karate aangesluit en nog nooit teruggekyk nie.

Sedertdien het albei boeties goeie vordering getoon deur onlangs deel te neem aan hul heel eerste Tenshinkan Shihan Kampioenskappe, wat by Brakpan se Binnenshuise Sportkompleks plaasgevind het.

Daar het Christiaan ’n tweede plek in sy kata sowel as ’n tweede plek in sy kumite behaal. Kleinboet Marnus het ’n derde plek in sy kumite verower.

Christiaan en Marnus het by Gagiano aangesluit nadat albei reeds by ’n vorige karate-instelling op ’n geel eenstrepie-belt was.

Die Tenshinkan Karate-gradering het op 20 Junie by die Brakpan Dojo plaasgevind, waar albei jong karatekas na vol geel belt gevorder het.

“Christiaan en Marnus geniet hulle karate en leef vir die sport,” het hul ma, Anuscha Visser, gesê.

Hulle rolmodel is hul karate-instrukteur, Leon Gagiano, en hulle wil graag in sy voetspore volg.

“Hulle werk altwee hard en is vasbeslote om uit te styg in die sportsoort,” het Anuscha gesê.

“Die kompetisies en graderings is baie straf en alhoewel hulle hard werk, geniet hulle dit ook wanneer hulle sukses behaal,” het sy bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button