Local sport

Karp van byna 2kg gevang tydens Balfour Hengelklub kompetisie

Christo Du Plessis het die senior afdeling gewen en ook die swaarste karp gevang toe hengelaars op 2 Augustus by die Vaaldam vir hul jongste kompetisie byeengekom het.

Hengelaars van die Balfour Hengelklub het onlangs by Kees van der Walt aan die Vaaldam saamgetrek vir hul jongste kompetisie, waar 23 lede altesaam 30 visse met ’n gesamentlike gewig van 33.273 kg gevang het.

Christo du Plessis was die groot wenner in die senior afdeling. Hy het vier visse met ’n totale gewig van 5.96 kg gevang om die eerste plek te behaal.

Lukas Stoltz het tweede geëindig met vier visse wat altesaam 4.34 kg geweeg het, terwyl Jaco Nel die derde plek ingeneem het met drie visse en ’n totale gewig van 2.96 kg.

Lukas Stolz het ‘n suksesvolle dag beleef langs die water. FOTO: Verskaf.

In die damesafdeling het Darell Roos die eerste plek behaal met twee visse wat 1.67 kg geweeg het.

Jaco Nel was in sy noppies met sy vangs. FOTO: Verskaf.

Ingrid Kriel was tweede met een vis van 0.38 kg, gevolg deur Sarita Stoltz in die derde plek met ’n vis van 0.23 kg.

Ingrid Kriel het die kompetisie geniet. FOTO: Verskaf.

Ludwig du Plessis was die enigste junior hengelaar en het die eerste plek behaal met ’n vis van 1.62 kg.

Christo het ook die swaarste karp van die dag gevang, wat 1.77 kg geweeg het. Anthony Muller het die swaarste graskarp, met ’n gewig van 0.28 kg, gevang, terwyl Ingrid die swaarste moddervis van 0.38 kg gevang het.

Darell Roos was eerste onder die dames.
FOTO: Verskaf.

Sarita het die swaarste geelvis, wat 0.23 kg geweeg het, gevang. Geen baber is tydens die kompetisie gevang nie.

Die klub se volgende kompetisie vind op 12 September by Steyns aan die Vaaldam plaas.

Vir meer inligting, kontak Lukas by 084 757 6058 of Bennie Kriel by 079 888 6052.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button