Ligbron Akademie vir Tegnologie is een van die vyf beste akademiese skole in Mpumalanga. Amptelike statistiek wat onlangs deur die Mpumalanga Onderwysdepartement uitgereik is, bevestig dat Ligbron:
Die vierde plek beklee uit 541 skole wat die slaagpersentasies vir 2011, 2012 en 2013 betref. Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Middelburg en Hoërskool Secunda vul die eerste drie plekke
Die top-posisie vir Wiskunde behaal het met 90,8 persent van die kandidate wat 50% tot 100% behaal het. Inkomazi Secondary is tweede met 86,7 persent en Nelspruit Hoërskool derde met 85,9 persent, gevolg deur Hoërskool Middelburg met 78,9 persent.
Vir Fisiese Wetenskap die vyfde posisie beklee met 59 persent van die kandidate wat 50% tot 100% behaal het. Hoërskool Nelspruit is eerste met 77 persent, gevolg deur Suikerland Secondary met 72% Hoërskool Secunda met 68% en Impuluzi Secondary School.
Wat die aantal kandidate met universiteitsvrystelling betref het Ligbron in 2012 die derde plek behaal met Hoërskool Nelspruit eerste en Hoërskool Delmas tweede. In 2013 het Nelspruit weer bo-aan die lys geëindig met 80 persent, Hoërskool Secunda tweede met 71,2 persent, Hoërskool Standerton derde met 70,2 persent en Ligbron vierde met 69,6 persent.
Drie kandidate het wat 8 A’s in die 2013 eindeksamen behaal het.
Die skoolhoof, mnr Dup van Rensburg, wys daarop dat ’n 100%-slaagsyfer beslis nie die enigste maatstaf is waaraan ’n goeie akademiese skool gemeet moet word nie. “Die akademiese gehalte van elke jaargroep verskil ook en selfs ’n goeie akademiese skool kan soms minder goeie uitslae lewer. Maar ’n top-skool word gemeet aan ’n tydperk van 10 tot 15 jaar se uitslae. Ons is maar te dankbaar teenoor ons Hemelse Vader as Hy ons seën met goeie uitslae,” het hy gesê.